Ka-pow! Om “die ander vrou” te brand met woorde…

Wee’ jy!  Vandat ek besef het dat ek eintlik niemand se kind meer is nie, dat ek amper veertig slat en dat ek die volste reg het om NIE meer volgens enigeen se pype te dans nie, daar ‘n soort onverantwoordelikheid in my kom broei het.  Asof ek rebels begin raak…

…Wat maak dat ek die behoefte het om van hierdie rage binne-in my ontslae te raak.  En dit is soms bietjie ontaktvol.  Call it a midlife-crisis, if you wish.

Ek het vanoggend vir iemand iets gesê wat ek, truce-bob, NOOIT in my wildste drome kon gedink het ek sou vir haar kon sê nie!

Kom ons noem haar Marissa.  Want dit is haar regte-egte naam – vir eens gaan ek die voormalige vlieg in die salf op haar regte naam noem – Marissa.  Nou, Marissa het vir eks no. 2 gewerk.  Vars uit die skool uit met mooi lang hare, ‘n fietse lyfie en stywe tieties.  Marissa het ook ‘n affair met my eks gehad terwyl ons getroud was.  Sy was maar een van vele.  Intussen het Marissa getrou en twee kinders gehad (hulle is ook in die Laatlam se kleuterskool) en nou is haar lyfie en stywe tieties daarmee heen (nes myne, en joune en miljoene ander s’n).  Inteendeel…  Ék wat maar in héél distorted image van myself het kan trots erken dat ek beter lyk as sý wat sewe-en-twintig is.

Anhywhoo…  Ek en ‘n vriendin wat ek van die Laatlam se kleuterskool af ken het gou vanoggend vóór werk gaan koffie by die Wimpy.  Die einste Marissa kom toe daar aan om my vriendin te groet.  Seker gedink sy gaan genooi word om saam te koffie – toe nou nie!  Soos mense met goeie maniere maak, stel my vriendin ons twee toe nou aan mekaar voor.  Toe ons hande skud toe kry yours truly mos ‘n bevlieging ek ek antwoord:  “O, ek ken jou.  Jy het ‘n affair met my eks gehad terwyl ons getroud was…”

Vir my was dit baie bevredigend.  Die uitdrukking op haar gesig.  Hoe sy haar hand weggeruk het asof ek haar verbrand het met my hand én met my woorde.

…En ek voel níks vir daai kind wat in MY bed saam met MY man was terwyl ek in die hospitaal was met ‘n rugoperasie nie.  Fokhôl.  Haar moer!

Nota aan self:  Kyk of iemand in die omgewing kick-boxing klasse aanbied…

16 thoughts on “Ka-pow! Om “die ander vrou” te brand met woorde…

  1. O nee asseblief NIE. Dan gaan jy die attie-karatie in die funny farm wees of dalk die keer die oranje jumpsuit. En nee, orange is so nie die new black nie

    Like

Lewer kommentaar