Yummy-mummies, boelies en Sweet-Sixteen partytjies…

Kom ons skop vandag se stukkie af met Margaret van Wyk.

Gisteraand op Facebook sien ek ‘n spul “memes” en onsamehangende “status updates” en ek wonder toe:  “Wie de moer is Margaret?”.  Dis eers toe ek News24 gaan lees dat ek agter die kap van die byl gekom het.

Nou, kom ek sit myself in Margaret se skoene.  Ek het nou nie gaan kyk na die foto wat ge-“repost” is nie, maar as ek nou ‘n netjiese anatomie gehad het, dan sal ek  dit 100% gebruik om my huwelik bietjie op te “spice”.  Ek beplan om oor so twee jaar (as die Tiener se skewe kinnebak herstel is) my tatas bietjie te “panel-beat”, en JA, JA, JA!  Ek sal gereeld vir die mister fotos van hulle stuur – hoewel fotos van tatas meer aanvaarbaar is as ‘n foto van mamma se kwassie.  Kom ons wees nou nie dônners pretentious nie… dit is fantasties as ‘n vrou met groot kinders haar man nog kan verlei met stoute fotos.  En dit is fantasties dat sy lief genoeg is vir haar liggaam om dit te doen.  Ek beny haar want as ek kaalgat voor die spieël staan wil ek morsdood neerslat!  Vrouens moet doen wat hulle kan en waarmee hulle gemaklik voel om die huwelik vurig te hou want die meeste mans het nie die “guts” om te sê dat hulle eintlik van vulgêriteit hou nie.  Mans word nie gefassineer met soet woordjies nie.

As ‘n stoutgat kiekie aan jou man vir jou reg en natuurlik voel, gaan vir goud!

En die stuk kak wat die foto op sosiale media gesit het?  Pure boelie.  Ek kén haar soort.  Ek word daagliks omsingel deur hulle by die Tiener se skool.  Waarskynlik suurgat omdat sy nie ‘n “yummy-mummy” soos Margaret is nie.  As ék nou op daai groepie was, het ek al die mammas bymekaar geroep en gesê:  “Komaan girls, vee daai foto af.  Sy is deel van ons.  Kom ons ondersteun haar.  Kom ons gedra ons soos GROOTMENSE.”  Maar nee,  daar is altyd ‘n katjie-van-die-baan wat kak moet maak.

Toe gaan mense so vêr as om foto’s van haar kinders te gebruik om “memes” te skep.  Hoe fokken vrot is dít nie?  Jy is nét so skuldig soos die feeks wat in die eerste plek die foto geplaas het op sosiale netwerk.  Ons mense-nasie is besig om tot ‘n val te kom.  Geen gevoellente vir jou medemens nie.  Geen gewete nie.  Ons kan nie net vyf sekondes stil sit en dink aan die gevolge van ons aksies nie.  Daar word nie eers aan die kinders gedink net ter wille van ‘n faktap grap nie.

Nou het ek heerlik afgewen en fokus op ander dinge soos die Tiener se “Sweet Sixteen” wat ons vanaand gaan hou (sy verjaar Sondag).  Ek gaan dit natuurlik rustig vat want ek moet patrolleer.  Daar is mos altyd ‘n kakkerlak wat drank probeer insmokkel.  Ek soek nie mammas wat in my nek blaas oor’lat hul kinders met drank asems en kotsies by die huis aangekom het nie.  Ek moet ook taxi speel vir dié wie se ouers nagskof werk en hulle nie kan kom haal nie.  Sien, ek kan ‘n “decent” mens óók wees?

Ek dink nou aan mý “Sweet Sixteen” partytjie.  Wat ‘n aborsie! Een van die outjies wat ek uitgenooi het, het afskrifte van die uitnodiging gemaak en teen sy skool se kennisgewingbord opgesit.  Ons het my partytjie op ‘n plaas gehou en ek onthou nog hoe ek uitgekyk het oor die plaas en al die karligte sien aankom het op die grondpad.  Myself amper bekak want dit was ‘n spitbraai en daar was nie naastenby genoeg kos vir almal nie.  En die kinders het drank gebring.  Baie.  En dagga en drugs.  My “date” was só gerook hy het die hele aand met ‘n stut-pilaar gedans en gedink dit is ek.  Op ‘n stadium het hy tot die paal gesoen!  My ouers was befok oor die hele spektakel!

Kom ons hoop hierdie “Sweet Sixteen” is meer respektabel!

Lekker naweek, almal.

sweet 16

As grootmense hulle soos kinders gedra…

Ek bly in ‘n cul-de-sac en is vriende met twee van my bure.  ‘n Weduwee en ‘n ander paartjie.  Ek was aanvanklik skrikkerig om vriende met die hulle te word want my ouers was vriende hulle bure toe ek nog op skool was, en dit was ‘n hoernes van epiese proporsies!  Hierdie vriendskappe wat ek nou met die bure aangeknoop het is egter anders.  Ons kuier net een maal per maand saam want ek smaak nie van mense wat my drumpel deurtrap nie en gelukkig voel hulle dieselfde.  Dit was een van my grootste probleme in my “vorige lewe”.  My eksman se vriende en hul vrouens sou elke verdomde naweek by ons kom afpak en dan sou ek verveeld raak met die geselskap en sommer teef trek.

Verlede Vrydagmiddag toe maak ons groepie bure ‘n afspraak onder mekaar om die reëlings vir hierdie Saterdag se Stonehaven Spring Beer Festival te tref.  Ons het ‘n bussie gehuur want elke jaar is dit ‘n bakleiery wie huistoe bestuur want die “designated driver” raak altyd “sloshed” en dan is dit ‘n beslommernis om by die huis te kom.   Hierdie jaar gaan ons in style en ons gaan PARTAYYYYY laat die kak wit sit!

Die afspraak om reëlings te tref sou net vir so half-uur wees, maar dit eindig toe in een moerawiese partytjie wat eers ná 12:30 en vele bottels rooiwyn en “shooters” tot ‘n einde gekom het.

Die mister het mos ‘n enorme bedrag spandeer op ‘n “sound system”, “speakers” en ‘n “sub” (watookal dit is).  En as die musiek begin pomp dan begin die voete mos jeuk.  Op ‘n stadium het daar ‘n paar sekondes stilte tussen twee liedjies geheers en ons hoor toe dat een van die ánder bure ook aan de-party is met húlle nuwe “speakers”.  Die Weduwee vertel ons toe dit is die nuwe bure wat langs háár ingetrek het en sy “like” hulle fokhol!  “Kômmin soos grond, julle!  Die vrou loop die hele dag net en skree op haar kinders!”

Ons sit toe die musiek af en wag tot húlle musiek ook klaarmaak.  Toe trek ons spulletjie los en skree kliphard:  “We’ve got spirit, yes we do!  We’ve got spirit, how ‘bout you?!”  Dônner!  Waaragtig klink daar ‘n koor op van oorkant die straat:  “Yes, yes, yes we do!  We’ve got spirit, how ‘bout you?!”

Ons het ons oopgeruk en kliphard “Moneytalks” van AC/DC begin speel.

Dan maak die buurvroue so:

headbang.jpg

Ek het net gesit en kiekies neem want my nek en kop was nog so bietjie seer na daai val op die nat vloer.

Lekker, man!

Seks ná kinders (nie vir sensitiewe lesers)

Ek dink gereeld daaraan hoe kinders mens se sekslewe verander.  Gewoonlik nie ten goede nie.

Ek wonder ook altyd oor die seksuele sy van ‘n verhouding as paartjies toelaat dat hul kinders by hulle in die bed (of kamer) slaap.  As ek nou byvoorbeeld saam met mammas kuier en hulle laat val dat sussie ‘n bed met hulle deel, dan is my eerste vraag (heel ontaktvol) gewoonlik:  “Maar, hoe spyker julle?”  Die antwoord is gewoonlik:  “Baie saggies…”

Nie dat ek en die mister nog nooit ons bed met die Laatlam gedeel het nie.  Ek glo mos ‘n siek kind word vinniger gesond as hy of sy by die ma slaap.  Dan hoef mens ook nie op en af te hardloop tussen kamers nie.  Jy reik net deur die nag kort-kort uit om te voel of die bloeitjie koorsig is en nog knus toegemaak is.  Die Laatlam het ook die gewoonte om net so voor die son opkom uit haar kamer weg te loop en tussen ons te kom inkruip.  Dan broei ons lekker tot so sesuur.

Ek het ‘n tannie geken wat vyf kinders gehad het.  In haar kamer het ‘n enkelbed gestaan en elkeen van haar kinders het op daai bedjie geslaap totdat die volgende een gekom het.  Hoe doen mens dit?  Hoe hou mens jou bek “in the heat of passion?”  Of, soos ek en die mister wat albei rook en baie onfiks is.  Dis ‘n gehyg en gesuis en gespartel as die lus ons pak.  Dink aan katte wat paar…  Dít is hoe ons longe klink.  Ek weet nie hoe sal enige kind ongesteurd kan slaap nie.

Verstaan my mooi.  Ek oordeel nie.  Elkeen moet doen wat hy of sy goeddink.

As ek en die mister in die week nou klaar geëet en al ons dinge gedoen het, dan is ons gewoonlik té verrinneweer om eers te dínk aan seks.  So, ek sal hom so drie-uur wakker maak (of hy vir my) en dan sal ons nou maar opvang.  Met ons vrot-asems en al!  Dan moet ons, ons gatte roer want ons is bang die Laatlam word wakker en vang ons “red-handed”.  Vanoggend was dit weer “sulke tyd”.  Toe ek opstaan om my klere uit te trek toe wys die DSTV se digitale horlosie 3:03.  Toe ek opstaan om weer aan te trek, toe is dit 3.12. Tjoef-tjaf!  Wat het geword van “foreplay” en “afterplay”.  Dit is ‘n gejaag na wind want ons wil net nie die arme Laatlam traumatiseer nie. En nee, ons wil nie die deur sluit nie want dit het al gebeur dat die Laatlam wou inkom en toe sy besef sy staan daar in die donker gang toe skree sy dat die kranse antwoord gee!

Voor die Laatlam nog ‘n gedagte was, het die Tiener een oggend (ná ‘n aand propvol aksie) na my toe gekom en my ‘n stywe drukkie gegee en gesê:  “Is mamma ok?  Ek en Ananda (die maatjie) het mamma gehoor huil gisteraand”.  Ya right…  Die mure het ore…

O, o!  En mense wat die “Sondag-middag-knippie” ding doen.  Verál die ouer gardes.  Soos my skoonouers.  Hoe kry mens dit reg as jou pens vol skaapboud, soetpatats en “pudding” is?  Fok, dan wil ek net op die bed neersuig en slaap.  Niks se ge-“hanky-panky” op ‘n vol maag vir my nie, dankie.

Soms, net SOMS gebeur dit dat die Laatlam en die Tiener sáám vir 24-uur nie by die huis is nie.  Wat ook nie veel beter gaan nie.  Dan sal ons op ‘n “date-night” gaan en gewoonlik só gespat raak dat die mister té bang is om aan my te raak want netnou bekots ek hom.  Na só ‘n aand word ek dan gewoonlik kaalgat en koud op die sitkamerbank wakker met my een voet op die vloer want die aarde draai, jy sien.  Maar ten minste het ek dan probeer?  Is mos?

Nee wat, ek verwonder my aan mense wat ‘n aktiewe, gesonde sekslewe het terwyl daar nog kinders in die huis is.

Ek dink ek gaan Vasiline aan ons kamer se deurhandvatsel smeer…

foreplay

Sny dit af, sny dit af…

Ek sal nou nie sê dat ek geseën is met “super powers”nie, maar soms gebeur daar shit wat ek nie kan verduidelik nie.  Behalwe vir die paar kere wat ek as tiener snags wakker geword het met “sleep paralysis” (wat ek blameer op die sangoma wat in ons huis gewerk het – sy het my fokhol gelike nie.  My selfs eenkeer aan die keel opgetel, die ou teef!) het ek eers later in my lewe vreemde dinge begin ervaar.

Ek het byvoorbeeld nooit veel erg gehad in spoke nie.  Ek het geweet hulle bestaan, maar ek het dit nooit gesien of gevoel nie.  Totdat ek begin werk het en op ‘n gereelde basis in leë huise moes gaan, dan het ek soms so aardige “vibe” gekry het hier van agter af.  Later sou ek op die betrokke huis se geskiedenis ingaan en uitvind dat daar wél iets gebeur het wat die vreemde gevoel bevestig.  Maar ek síén steeds nie die spoke nie.  Ook maar goed so…  Ek sal vir my ‘n huisie kak…

So vyftien jaar terug het ek my eerste ondervinding van ‘n “voorbode” gehad.  Dalk is al hierdie gebeurtenisse toeval, wat ek graag sou wou glo.  Dit is vir my een moerse irritasie as die kerktannies vir my sê dat ek dit moet “afsny”. ‘n Mens kan nie beheer wat jy droom, sien en voel nie.

Terug by my eerste “voorbode”.

Ek het ‘n huis uitverhuur en moes inspeksie gaan doen het voordat die huurders ingetrek het.  Die beste tyd om ‘n inspeksie te doen is terwyl ‘n huis nog leeg staan want dan sien jy kolle teen die mure, stukkende plekkies op die mat en gekraakte ruite beter.  Ek stop toe daar met my Uno’tjie en ek sluit oop en in is ek.  Dadelik trek ek my neus op vir die laslappie-huis.  Krake so groot dat die bossies van buite af binne toe groei.  Anyway, gewapen met my clipboard gaan ek deur die donker huis en maak aantekeninge.  Ek voel aanvanklik nie dat ‘n spook my van êrens af dophou nie.  Niks sulke dinge nie.  Dis maar net ‘n kak huis, geverf met ‘n kak kleur in ‘n kak area.  Toe ek in die hoofslaapkamer kom, toe begin ek so half angstig voel.  ‘n Onbeskryflike depressiewe, hartseer gevoel het oor my gekom.  Skielik het alles begin bewe.  Soos ‘n aardbewing (wat ek al twee keer beleef het, so by the way)  maar nie van onder na bo nie.  Nee.  In hierdie geval het die plafon eers begin ruk en bewe, toe die ruite en laastens, die grond.  Pappa, maar ek trek my klikkie-klakkie-skoene uit en ek maak gat skoon!  Fok die res van die inspeksie!

Ek het my ondervinding stil gehou want “wat sal die mense tog sê?”  Ek het wél hier en daar probeer uitvind of daar aardbewings of selfs mynaktiwiteite daardie tyd plaasgevind het.  Daar het nie.  Die volgende dag het die huurders die sleutels by my kom haal en ingetrek.  Ek het toe besig geraak en kon nie die inspeksie dadelik voltooi nie.

Omtrent ‘n week nádat hulle ingetrek het, toe bel ek die vrou en vra of ek gou die inspeksie kan gaan klaarmaak.  Sy wou aanvanklik nie hê dat ek moes kom nie “want dit is ‘n slegte tyd”.  Ek dog toe sy is nog in haar “nighties” en dring toe daarop aan dat ek oppad is.

Daar aangekom toe is die arme vrou se oë rooi gehuil en die hele sitkamer is vol treurende mense.  “Verskoon maar.  Ons het dood in die familie gehad…”  maak die vrou verskoning.  Toe ek vra wat gebeur het, vertel sy my dat haar seun die vorige dag selfmoord gepleeg het.  In die hoofslaapkamer, Bybel in die hand.  Hy het deurmekaar geraak met ‘n meisie wat in die okkulte was en toe hy haar wou los het sy en haar trawante die lewe so moeilik vir hom gemaak dat dit sy enigste uitkoms was.  Ek onthou tot vandag toe die gat in die plafon (die skoot is regdeur sy skedel) en die bloed-kol op die mat.  Ek was dom van skok!

Sewe en ‘n half jaar terug moes ek ‘n groot operasie aan my rug gekry het.  Ek het ‘n week in die hospitaal spandeer en my eksman het nie moeite gedoen om een keer te kom kuier nie.  Die aand voordat ek ontslaan was, het ek gedroom dat ons skei.  Die volgende dag toe ek ontslaan word, het ek my goed by die huis gepak en hom gevra vir ‘n egskeiding.  Ek het nooit weer langs hom geslaap nie.  Ek is reguit uit die hospitaal na my ma toe.  Natuurlik het ek een moerse blik wurms oopgemaak want hy het ‘n seksuele teisteringsaak teen hom gehad, SARS het sy rekeninge gevries en hy het allerhande onnoemlike kak aangejaag terwyl ons getroud was.  Ek is nie nou lus om daaroor uit te brei nie.  Die feit is net dat, vóór die droom, skei nie ‘n opsie vir my was nie.

Twee en ‘n half jaar terug het ek ‘n droom gehad van die Tiener se skool.  ‘n Leë graf op die rugbyveld.  Skoolkinders wat om die graf staan en ween.  Ek het nog gegrap en vir een van die ma’s op die beheerliggaam gesê dat sy vir die skoolhoof moet sê om vir ‘n mediese “check-up” te gaan.  ‘n Week daarná word ons in kennis gestel dat hy prostaatkanker het.  Hy is gelukkig, ok.

Daarná het ek gereeld drome gekry van mense wat ek ken.  Veral drome oor kanker.  Soos die een meisie wat saam met my gewerk het.  Een dag het haar ma het begin kla van erge maagpyn en kon haar kos nie inhou nie.  Hulle het haar dokter toe gevat en haar behandel vir gastro.  Ek het kort daarná van haar ma gedroom en, in die droom, was haar maag die ene vrot vleis.  Sy is ‘n paar weke ná dit dood aan maagkanker.

Verlede jaar, die aand vóór oujaarsaand (ek kan dit nie vergeet nie) het ek van ‘n ou vriendin gedroom.  Haar bolyf was kaal en ek kon die letsels sien waar haar borste verwyder was.  Sy het ‘n “bandana” op haar kop gehad.  Die volgende oggend het ek op my sussie se stoep gaan sit (ons het by haar gaan kuier in die Kaap) en rook en bietjie op my Facebook gaan rondkrap.  Daar sien ek toe ‘n boodskap van dié vrou se dogter op haar “wall” dat hulle vir haar ‘n spoedige herstel toewens.  Borskanker.  Sy veg steeds dapper.

Die aand voor my ouma se dood het ek nie gedroom nie.  Ek het buite gesit en vir omtrent twee of drie sekondes het ek ‘n duidelike visioen gekry van gordyne (díé wat die hospitaalbeddens van mekaar skei) wat toegeruk word.  Ek het my gat afgeskrik want ek kry gewoonlik drome en ek “voel” as iets nie pluis is nie, maar hierdie was soos ‘n prentjie wat vir ‘n paar sekondes duidelik voor my geestesoog afgespeel het.  Die volgende middag het dit gereën en ‘n duidelik reënboog het oor my huis gevorm.  Daar het ‘n skielike kalmte oor my gekom en ek het die tye onthou dat ek en my ouma in verwondering na reënboeë kon kyk.  Sy is daardie aand net ná nege oorlede.

Net voor die Julie skoolvakansie toe droom ek my skoonma lê in die hospitaal met haar arm in gips.  Dit kan baie dinge beteken.  My skoonouers was toe oppad kus om die een klein nefie op ‘n rugbytoer te vergesel.  Ek vertel toe vir die mister van my droom en sê vir hom hy moet vir hulle vra om versigtig te ry.  “Ag, liefie die drome van jou is ‘n klomp kak!”  Wie kom toe terug van die see af met haar arm in ‘n “sling”?  Hulle was oppad terug van die see af toe stop hulle by ‘n Ultra City en daar slat my skoonma soos ‘n os neer en maak haar skouer seer!

Nou vra ek jou met trane in my mooi blou ogies?  Kan mense sulke goed net “afsny”?

64489ce926a99d7bbb1fa222650ab2d5

507ae38e1b94a1d75a3550fa2ce5c0a7

“Judy”

Ek het so twee maande terug ‘n “girl-crush” ontwikkel.  Ek voel nie eers skaam daaroor nie.  Die mister weet dit ook en dit irriteer die dooie-dom-dônner uit hom uit.

Aan die begin was dit net haar reguit, feekserige houding wat my gefassineer het.  Later, haar vlym-skerp intellegensie.  Ek het ‘n “ding” vir slim mense, jy sien.  Sy is baie ouer as ek, maar wat sê dié wat weet?  “Age ain’t nothing but a number”.  Die feit dat sy poep-ryk is, is bysaak.  Sy het geleer en hard gewerk vir wie sy vandag is.  Ôg, en die mag.  Dit straal uit haar uit.  Soos daai Liewe Jesus prentjies op die trailer-trash mense van Nemêrika se smerige mure.  Net een kyk en jy hou jou bek en besin oor jou sondes.  Jy kan haar eenvoudig nie “bullshit” nie.   Sy is pure “magic…”

Ek en sy spandeer gewoonlik tyd saam as die mister en die kinders slaap.  Mamma se “entertainment-time”.  Dan hang ek aan haar lippe.  Sy vermaak my soms vir tot drie ure aanmekaar.  Dan is ek die volgende dag in my moer in van moegheid…  Die kinders en die mister sê sy is ‘n “boring” ou tros, maar hulle ken haar nie soos ek nie.  Sy inspireer my om ‘n beter mens te wees.  Sy maak my touwys oor veral mense se “body language”- sy is moerse “slick” wat dít aanbetref.  Y’aag… jy kan maar seker sê ek is haar “bitch” want ek is absoluut mal én verlief op haar.  En my ouma sou dit goedgekeur het…

Want my ouma het ook gelaaik van Judge Judy kyk…

Vang ek julle “pervs” nou wat gewag het op ‘n sappige sorie oor ‘n geheime lesbiese verhouding.  Ha!

In elke geval.  Dit is nou maar my “guilty little secret”.  Daar is al oor die twee honderd episodes op die PVR.  Ek kan my vergaap oor die Amerikaners se neiging om vir allerhande kak Klein Eise Hof toe te hardloop.

Gister oggend moes ek die Tiener by die skool gaan haal het oor redes wat ek nie hier gaan bespreek nie.  “Ladies problems”.  By die huis gekom, toe dog ek, ek gaan gou vining toilet toe.  Ek hardloop nog so by die gang af (want ek is mos altyd haastig – my ma het vir my as kind gesê as ek alles meer haastig doen dan sal ek nie so vet wees nie…) en skielik gee my voete onder my in.

Dit is “amazing” hoeveel gedagtes deur mens se kop flits voordat jy die grond tref.  Dis soos: “Ofokdieteëlsisnatekisbesigommypoesaftevalwatasdieskroeweinmyrugbreekenekbloedingopdiebreinkry” voordat jy lê.

My kop het eerste die grond getref en tóé my stuitjie.  Ek was, volgens die Tiender, vir so dertig sekondes “lights”out.  Toe ek wakker word toe staan sy en ou Lydsie die “housekeeper” snot en trane en huil want hulle dog ek is klyte toe.  Lekker om te weet ek lê nog iemand na aan die hart.

Toe ek uiteindelik my “brackets” bymekaar kry en weer op my voete kom, toe kak ek hulle sommer uit oorlat hulle my net so bewusteloos los op die nat vloer.  Normale mense BEL iemand.  Hulle kyk nie net en tjank en hoop vir die beste nie!

Vandag voel dit of ek in ‘n “train-smash” was.  Dit voel kompleet of ek ‘n “face-lift”gehad het met die vel wat so styf om my kopvel span.  En my stuitjie pla.  Maar ek is oraait.

Nou dink ek net.  Veronderstel ek was ‘n Amerikaner.  Sou ek met die gevallery in my eie huis dalk “Small Claims Court” toe kon gaan en ‘n siviele eis teen myself kon instel?  Want die dônner weet, dáái kant is enigiets moontlik!

Judy

“… and that’s how the fight started…”

Die mister is ‘n jaloerse mens.  Dit is nou maar net wors.  Hy is ‘n introvert en ek is ene vir maklik “mingle”.  As ons by mense gaan kuier dan is hy altyd die een wat mý aan die arm kar toe sleep.  Maar dit is wie ek is.  Hy het my so leer ken en liefkry.  En wat ek bedoel met “hy het my so leer ken”, bedoel ek dat ek ‘n baie goeie mansvriend gehad het toe ek en die mister destyds begin uitgaan het, en hy kon dit nie verdra nie… Tot my oupa my eendag oor die vingers getik het…

“My kind.  Ek weet jy dink dat ‘n man en vrou net platoniese vriende kan wees.  Maar dit is nie regtig so nie.  Daar is áltyd ene wat gevoelentes kry.  Jy sal moet kies tussen daai man met die tattoos en lang hare (die vriend) en die bleskop pen-pusher (die mister)” het my oupa my daardie dag aangespreek.  Natuurlik was dit, volgens my, nie nodig om te “kies” nie want ek was verlief op die mister.  Vir ‘n lewensmaat verkies ek ‘n logiese mens.  Die kunstenaarstipe-man wat gedigte skryf gaan my nie aan nie.  Hulle is té emosioneel en gekompliseerd en ek is nie aanmekaargesit om met só persoon saam te leef nie.

Ek het aanvanklik gedink my oupa praat kak, maar toe rook ek en die vriend een aand die gebruiklike zol en hy raak stil.  Ek kon sien iets pla hom en toe vra hy my:  “Wat het hý wat ek nie het nie?” Toe besef ek dat ek nou besig is om met vuur te speel.  Ek het dit toe my missie gemaak om vir die vriend ‘n vrou te soek om hom (en die dagga) sodoende sagkuns uit my lewe te kry.  Hulle trou Novembermaand en hy is baie gelukkig maar ons is nie meer vriende nie. So vinning as wat ek vriende kan maak, so vining kan ek hulle ongelukkig afskryf ook.  Die lewe is vol moeilike keuses.

Die mister is tevrede…  Hy is dit werd.

So twee jaar terug het ‘n nuwe “intern” saam met die mister begin werk en die twee kom toe in die gewoonte om Vrydae ná werk ‘n paar “kappe” te gaan maak.  “Which is fine”, maar een Vrydag-middag laat toe kom die mister by die huis en ek is nie daar nie.  Wat nie in my aard is nie.  Ek is óf by die werk, óf by die huis.  My dae van rinkink in kroeë is lánkal getel.  Ek suip eerder by die huis.  Daardie dag het ek toe nou ‘n uitsondering gemaak en ‘n paar whiskeys saam met ‘n gay kollega gaan maak.  Sal die mister nie voor son-onder daar inwals en my bevel (ja, BEVEEL) om huistoe te gaan nie?  Maar kyk, toe pomp my moer!  Ek het my kalm gehou, my handsakkie gevat en huistoe gegaan.  Daar gekom, het ek hom mooi vertel dat ek nie ‘n kind is nie.  As hy Vrydae-middae kan gaan “unwind” dan kan ek ook mos?  Nie dat ek wil nie, want ek wíl nie.  Maar ek kan.  Want ek KÁN!  Is mos?

Die “mister” besluit toe dat die Vrydae-kuiery by hole nie gaan werk nie, want sy vrou het dan óók die reg om dit te doen.  Tóé begin hy sy kollega so dan en wan na ons huis toe nooi.  Nou spat die kakkies óók want, volgens hóm, kom ek en sy vriend heeltemal te goed oor die weg.  My moer!  Nie net is die outjie twaalf jaar jonger as ek nie, ek het nie LUS vir rondloop nie.

Die mister se ander vriend se vrou het hom gelos vir ‘n ander man.  Dié besluit toe om Kaap toe te trek want dit is wat mense skynbaar doen as hulle skei.  Hulle vlug Kaap toe.  Nou sal die mister se  vriend kort-kort op my Facebook goeters “comment”.  Méér as op die mister se Facebook-inskrywings.  Nou voel dit vir die mister nie reg dat sý vriend vir my meer aandag gee as vir hóm nie.  “Jy moet oppas vir hom… Iets voel nie vir my reg nie…” Ek het nie krag nie.  As daar nou één mens is wat letterlik te slap-gat is om ‘n “affair” te hê, dan is dit nou ék.  Kan jy jou nou indink, om twéé mans gelukkig te hou?  Om skelm vir iemand anders “whatsapps” te stuur en gedurig boodskappe te moet uitvee?  Of om skelm pomp-tydjies in te werk?  Wanneer gaan koop mens dan groceries?  Ek praat ook gedurig in my slaap.  Wat as ek ‘n wet-dream van my “lover” het en ek gee myself weg?  Ek weet nie waar kry mense die tyd en energie om die kat in die donker te knyp nie, waaragtig!

Ek besluit toe om Vrydagaand mooi met die mister te praat en vir hom te verduidelik dat ek nie op hierdie stadium van die huwelik ‘n behoefte het om rond te loop nie maar dat ek hom sal waarsku as ek emosioneel afgeskeep voel.  Ek is ook nie besig met ‘n geflirtery nie.  Ek is té dom om te “flirt”.  “Ja maar jy is ook té dig om te besef as mans met jóú flirt.  Selfs vrouens!  Wat het jou besiel om selfs vir my te VRA of jy saam met jou lesbeen vriendinne op ‘n girls-weekend weg te gaan?  Jy gaan met oogklappe deur die lewe! Wat gaan aan met jou?”

“Ag verskoon mý as ek te dof is!  En verskoon my as ek só befok-oulik is dat almal wat na my rigiting kyk ‘n stukkie van my wil hê…!”

And that’s how the fight started…

Om ‘n meisiekind se “panty” bo te hou…

Die een wat hierdie naweek my bloeddruk opjaag, gaan geklits word!

Ek het die Tiener Saterdagoggend oppad werk toe by haar vriend gaan aflaai, met die verstandhouding dat ek haar weer vyfuur die middag sou gaan oppik.  Later toe kry ek ‘n “Whatsapp” van sy ma om te vra of die Tiener nie maar daar kan oorslaap nie.  Die pa werk nagskof en sy belowe my plegtig dat die Tiener saam met háár in die bed sal slaap.  “Ek hoor jy is siekerig en ek wil so bietjie help…” Fokkit maar ek raak sommer so duiselig.  As jy my wil help, vat eerder die Laatlam en sorg dat my Tiener alleen in haar bed is elke aand!

Nou, kom ek verduidelik…

Ons het die Tiener se vriend saamgevat see toe, toe ons nou onlangs in Ballito was.  Maar wat die situasie anders maak, is dat die Laatlam sáám met haar sussie in ‘n kamer geslaap het, en die vriend natuurlik, in sy eie kamer.  PLUS!  Ek en die “mister” het maar bitter min geslaap daardie week.  Hy het baie vroeg in die aand gaan slaap en dan bly ek wakker en as ek dan sien hy begin wakker word, dan het ek eers my slaappil gedrink – of andersom.  Met ander woorde, ons het in skofte geslaap om te sorg dat daar nie snaaksegeit aangaan nie.  Wat ons eintlik vreeslik uitgeput het.  Maar die kind is oulik. Beter as die boomrokertjie waarmee sy verlede jaar deurmekaar was.  Die “mister” sê juis die ander dag dat die kind té “boring”is.  Hy en die Tiener is regte huishenne en gaan nie uit nie.  Maar ‘n man bly ‘n man en as daai totie begin lol dan moet ek mos ingryp.  Voorkoming is beter as genesing…  ek het gans en al te veel al “16 And Pregnant” op MTV gekyk om tiener-hormone ligtelik op te neem.

“Anyway”, ek verduidelik toe mooi aan sy ma dat dinge nie so werk in ons huis nie.  Hulle bly skaars vyf kilometer van ons af, so daar is geen rede vir ‘n oorslapery nie.  Ja, dit BEGIN by oorslapery.  En hulle kan vir my maar sê wat hulle wil, maar dit eindig gewoonlik by ‘n gepatla-patla – verál as sy met mý gene rondloop. Ek was g’n engeltjie nie en my korasie het “ape-shit” gegaan toe sestien was…  Die ouers loop met oogklappe aan!

Toe ek die Tiener gaan haal toe kak ek haar sommer uit en vra haar dat sy my nooit weer in so ‘n situasie moet sit nie.  Daar sal nie oor-en-weer geslaap word terwyl sy nog in die huis is nie.  Finish en klaar!  “Maar ma-a-a… Ál my vriendinne en hul boyfriends slaap oor en weer…” Ja.  En?  Gaan kyk wat gaan in hul huise aan.  Ek wil nie oordeel nie maar ek het vir die een se ma net verlede week kruideniersware gekoop want sy en haar man sit sonder werk en hulle laatlam (die vierde kind) is twee weke terug gebore en daar was NIKS in die koskaste nie.  Die ander ene is nou die dag weggewys toe sy wou bloed skenk want sy het te veel bedmaatjies gehad.  Se gat!  Ek sal ‘n stokkie steek vir daai stront so vêr as wat ek kan. Sy sal nie soos haar ma (dis nou ekke) haar maagdelikheid weggee terwyl sy nog ‘n snotkind is nie.  Ek wéét mos wat die gevolge is.

Maar, die hele ding bly my steeds pla en ek begin myself mooi opwerk.  Teen Sondagmiddag toe is ek al so omge-ally dat ek nie my kos op my vurk kan hou nie soos wat ek bewe.  My man wil net hospitaal toe met my.  Maandagoggend is ek platgetrek en die bed sopnat van koue sweet en die “mister” besluit om my dokter toe te vat.  Ek lê in die spreekkamer op sy skoot en slaap en tussendeur ruk ek soos iemand wat gepeuter het met elektrisiteit.  Hoë bloeddruk en spanning, reken oom dokter (ag hy is so dierbaar, ek wens hy was my pa!).  En ek kan presies “pin-point” wie en wat dit veroorsaak het.  My laaste angsaanval was gisteroggend 02:30 – alles veroorsaak deur een simpel, belaglike en onnodige versoek.

Met ander woorde:  Dit maak mens siek net om te PROBEER om ‘n Tiener se panty bo te hou.

Meisiekinders is ‘n uitdaging…  Hulle dryf mens na drank en pille!

63be84cb1a836b88819cd19d4be895b1

Die wiel, hy draai!

Ôg, ek weet, ek weet.  Ek was baie skaars die afgelope tyd.  Verlede week was een van my kollegas siek en ek moes vir haar instaan.  Snaaks hoe ek vir mense moet instaan, maar my dagboek en “laptop” moet saam piekel as ék op vakansie gaan.

Maandag toe is dit nou mý beurt.  Brongitus.  Maar die dokter was meer bekommerd oor my bloeddruk.  150/115.  Ek ken nie van daai goeters nie, maar volgens hóm is dit nie goed vir iemand van my ouderdom wat nie beduidend oorgewig is nie.  Ek besluit toe om die res van die week my twee glase osbloed vir die per dag te laat staan, goed te rus en my guava te “chill” (en om natuurlik my kruis te gaan maak).  Vanoggend toe gaan ek apteek toe sodat my bloeddruk weer geneem kan word:  157/109.  Met ander woorde, ek kan nou maar seker weer wyn drink want om ‘n geheel-onthouer te wees werk bepaald nie.   Dalk moet ek weer begin fiets trap.  Ek dônners HAAT oefening!

Maar kom ons skop nou nie die naweek af op ‘n negatiewe noot nie.

Jy ken mos van daai gesegde wat jou ma altyd vir jou sê as jy jou gat met ‘n man gesien het?  “Die wiel draai…” En dan wil jy haar nie glo nie.  Want die wiel moet NOU draai.  Nie môre, oor ‘n week of oor ‘n maand nie…  Hy moet draai as jý sê hy moet draai.  Daai wiel begin nou draai… ná sewe en ‘n half jaar.  En dit pla my so bietjie want lekker-kry en vergifnis loop nie hand in hand nie… maar moet nou nie om my “parade piss” nie!

Om ‘n lang storie kort te maak:  My tweede eks man het my vir een moerse “ride” gevat.  Ryk-gat wat hy is (of was) het hy my besteel.  Hy het ook iets ysliks rondgeloop.  Man, ek het nog gewag vir my ridder op sy wit perd, maar toe kry ek ‘n brommer op ‘n drol!  Hy het my vreeslik te na gekom.  Ons was skaars geskei toe maak hy so pragtige jong dingetjie swanger en trou met haar.  En ek was kwaad ouens, kwáád!  Want ek sit en poef van die ellende en hy gaan aan met sy lewe.  Hy het ‘n mooi, jong vrou.  Sy besigheid floreer.  Hy bly in ‘n kasarm van ‘n huis en ry die blinkste karre.  My gat was suur.

Die afgelope maand kry ek gedurig oproepe.  Dit het begin met ‘n agent wat stoorplek uitverhuur.  Sy wil weet waar hy is want hy betaal nie die stoor se huur nie.  Ek wou nog vir haar vra om die stoor vir my te gaan oopsluit want dalk is daar van my goed daar weggesteek maar ek bedink my toe.  Laat die verlede in die verlede.

Toe begin die bank en klerewinkels waar hy rekeninge het my bel.  Hulle is desperaat. Hulle soek hulle geld.  Ons het natuurlik nie kinders saam nie, so daar is geen rede vir ons om kontak te behou nie.

Mettertyd toe gaan snuffel ek so op Property24 en ek sien sy huis is in die mark.  En dit lyk KÁK, mense!  Beslis nie die huis en tuin wat ek so mooi versorg het nie.

Die eiendomsagent wat die huis aan hom doerietyd verkoop het en wie ek goed ken, kom skinder.  “Girl, daai huis is in die mark maar ons gaan hom nooit verkoop kry nie want hy het ‘n tweede verband uitgeneem en die plek val uitmekaar!  Ennn!  Sy vrou is ‘n teef!  Sy sit “square” op sy kop.  Die mooi blink kar het plek gemaak vir ‘n kombi want hulle teel aan soos hase.  ENNNNN!  Sy het probeer om ‘n kleuterskool oop te maak van die huis af en dit het gevou.”

Lekker man,  LEKKER!

En hier sit ek.  Nog steeds in my huisie wat sy sussie opgefok het en nie ‘n sent huurgeld voor betaal het nie.  Maar my huisie is kláár betaal.  My Golfie sonder “aircon” wat ek destyds kontant gekoop het op ‘n veiling omdat hy my uit ‘n kar bedônner het,  staan in die motorhuis en wag vir die Laatlam.  Geen skuldeisers bel my nie.  Die skoolfonds is betaal.  My yskas is vol.

Ek lewe “modest” maar ek is eerlik.  Ek kak nie bietjies-bietjies elke keer as my selfoon lui nie.  Ek is nie bang om in die posbus te kyk nie.

Ek weet ek is nou ‘n regte biets, maar bliksem dis LEKKERRRR!

Karma.jpg

Kleuter-kaskenades…

As mens (soos ek) ‘n laatlam het dan gaan mens se hele wese in ‘n ander “mode” in.  Jy “fuff” nie oor kak nie.  Jy sien waar jy met die eerste ene bietjie drooggemaak het en jy probeer dinge anders doen maar met ‘n moerse kalmte.  Met die ouderdom kom ook bietjie meer geduld en verdraagsaamheid.

Gisteroggend by die kleuterskool toe loop ek een van die Laatlam se maatjies se ma raak.  Sy wil gou met my praat.  En ek dog:  “Ag nee fok… het die Laatlam nou die kind se hare getrek of wat?  Want vir stront is ek nie nou lus nie…”  Ek duld nie ‘n geboelie nie, maar kinders is soms geniepsig met mekaar.  Dan baklei die mammas en terwyl hulle nog planne in hul koppe beraam oor hoe om mekaar se karre te “key” of iets, dan speel die kinders al lánkal in vrede weer saam.  Lewenslange vyhandskappe word gesmee tussen ouers van klein kindertjies – oor kak!  Ek weet want ek het met die Tiener soos ‘n katwyf tekere gegaan elke keer as sy gemoan het.   Sommer so voor die skool se hek het ek die maatjies en hul mammas ingewag en ‘n “scene” gemaak.  Met die gevolg dat álmal bang was vir my.  Tot die skoolhoof.  Ek is klaar daarmee.

Die mamma was blykbaar die vorige aand by die kleuterskool se oueraand (ja – ‘n oueraand by ‘n kleuterskool!) en ek dog so by myself:  “Híér kom dit…”  Sy sê toe dat die onderwyseres haar bietjie oor die vingers getik het want blykbaar  trek háár dogtertjie knaend die Laatlam se aandag af in die klas en met slapenstyd.  Sy wou maar net om verskoning vra.  Ai, ek het haar eintlik jammer gekry.  Sy het net die enetjie en kan nie nog kinders kry nie.  Sy sal nooit verstaan dat, met die tweede enetjie (en die ander wat volg), mens sulke goed eintlik aflag nie.  Ek het haar toe gerusgestel en gesê ek voel ‘n veer.

Met rede…

Díé maatjie is so-te-sê blind.  Ná kleuterskool gaan sy nie na ‘n gewone skool kan gaan nie.  Sy en die Laatlam is al maatjies vandat hulle in die baba-klassie was en ek sal graag wil hê dat hulle die vriendskappie moet koester tot hul paadjies dalk eendag skei.  Dit is eintlik so oulik, dié twee saam.  Hoe die Laatlam haar dophou en agtervolg sodat sy nie seerkry of afdwaal waar sy nie moet nie.  Blykbaar het die onderwyseres hulle twee die ander dag dopgehou.  Hulle het so gesit met die beentjies gekruis, elkeen met ‘n stokkie in die hand – besig om te “rook”.  Toe die Tiener klein was, het ek ‘n aap gekak as sy só iets sou doen.  Maar ek sien nou die ligter sy van ouerskap raak.  Dit is “ok”…

Ek is baie gelukkig dat nie een van my kinders al ooit “byters” was nie.  Toe die Laatlam so twee jaar oud was het die kleuterskool my gereeld in kennis gestel van ander kinders wat háár gebyt het en gevra of ek die ouers se kontakbesonderhede wil hê om die saak reg te stel.  Dan sê ek maar net dat dit nie so erg is nie en dat die skool die byters se ouers maar net in kennis moet stel.  Om te byt ís lelik, moet my nie verkeerd verstaan nie.  Maar wat de moer help dit ek belê nou in ‘n vergadering om dit uit te sorteer?  Wat ek gedoen het, was om een oggend, toe ek die Laatlam skool toe gevat het, die byters almal bymekaar te roep.  Toe sê ek vir hulle:  “Sien julle díé tannie?  As ek weer hoor dat julle my dogtertjie byt, dan gaan ék julle byt.”  Dan wys ek my tande vir hulle en grom.  “Grrrrrr!  Sien julle!  Ek het méér tande as julle EN my tande is groter en skerper.  So ek gaan julle BAIE seer byt!”  Die onderwyseres het nét daar dubbel gevou en haarself oopgeruk.  Daardie dag het die byt-kultuur in die klassie tot ‘n einde gekom, hoewel die bytertjies kak-bang was vir my.

As jy ‘n jong ouer is dan probeer mens alles so perfek doen dat jy jouself uitput.  Mens verloor jou sin vir humor in die proses.  Eintlik doen mens dit maar net omdat jou kind se gedrag direk na jou as mens reflekteer en dit is sommer stront!

O dônner behoede my as ‘n kindersielkundige nou hierdie stuk moet lees!

ec981848a08ce5e83d7cbf50c4b8f287.jpg