Ka-pow! Om “die ander vrou” te brand met woorde…

Wee’ jy!  Vandat ek besef het dat ek eintlik niemand se kind meer is nie, dat ek amper veertig slat en dat ek die volste reg het om NIE meer volgens enigeen se pype te dans nie, daar ‘n soort onverantwoordelikheid in my kom broei het.  Asof ek rebels begin raak…

…Wat maak dat ek die behoefte het om van hierdie rage binne-in my ontslae te raak.  En dit is soms bietjie ontaktvol.  Call it a midlife-crisis, if you wish.

Ek het vanoggend vir iemand iets gesê wat ek, truce-bob, NOOIT in my wildste drome kon gedink het ek sou vir haar kon sê nie!

Kom ons noem haar Marissa.  Want dit is haar regte-egte naam – vir eens gaan ek die voormalige vlieg in die salf op haar regte naam noem – Marissa.  Nou, Marissa het vir eks no. 2 gewerk.  Vars uit die skool uit met mooi lang hare, ‘n fietse lyfie en stywe tieties.  Marissa het ook ‘n affair met my eks gehad terwyl ons getroud was.  Sy was maar een van vele.  Intussen het Marissa getrou en twee kinders gehad (hulle is ook in die Laatlam se kleuterskool) en nou is haar lyfie en stywe tieties daarmee heen (nes myne, en joune en miljoene ander s’n).  Inteendeel…  Ék wat maar in héél distorted image van myself het kan trots erken dat ek beter lyk as sý wat sewe-en-twintig is.

Anhywhoo…  Ek en ‘n vriendin wat ek van die Laatlam se kleuterskool af ken het gou vanoggend vóór werk gaan koffie by die Wimpy.  Die einste Marissa kom toe daar aan om my vriendin te groet.  Seker gedink sy gaan genooi word om saam te koffie – toe nou nie!  Soos mense met goeie maniere maak, stel my vriendin ons twee toe nou aan mekaar voor.  Toe ons hande skud toe kry yours truly mos ‘n bevlieging ek ek antwoord:  “O, ek ken jou.  Jy het ‘n affair met my eks gehad terwyl ons getroud was…”

Vir my was dit baie bevredigend.  Die uitdrukking op haar gesig.  Hoe sy haar hand weggeruk het asof ek haar verbrand het met my hand én met my woorde.

…En ek voel níks vir daai kind wat in MY bed saam met MY man was terwyl ek in die hospitaal was met ‘n rugoperasie nie.  Fokhôl.  Haar moer!

Nota aan self:  Kyk of iemand in die omgewing kick-boxing klasse aanbied…

“Inligtingsaand” my gat!

Is ek die enigste drol in die drinkwater wat nie wanorde en chaos kan verdra nie?  Ek sal mos al my torre verloor!

Ons het die Laatlam by ‘n Laerskool ingeskryf om haar Graad R te begin, dan sal Graad 1 nie vir haar so ‘n groot aanpassing wees nie.  In die brief wat ons van die skool ontvang het staan duidelik dat die 10de Oktober se byeenkoms ‘n “Inligtingsaand” is wat in die skoolsaal sal plaasvind en dat die Graad R module bespreek sou word (modules-scmodules, ek is gatvol vir hierdie kak sisteme van die skole – ek het nog klei gespeel in Graad 1, maar wat weet ék nou?).  Die 12de Oktober moet die kinders die aand saam met die ouers skool toe gaan want dan word hulle gewys hoe lyk hul klaskamers en die speelgronde.

Ons het gisteraand toe na die eerste byeenkoms gegaan, maar ons het die Laatlam by die Tiener gelos want sulke dinge kan uitgerek raak en die Laatlam kan nie lank stilsit nie dan raak sy onhebbelik.  Ek maak geen verskonings nie.  Ons kind neig na die stoute kant.  Ek probeer dissipline toepas, maar die Mister interfere so nou smeer ek my gat af want EENDAG gaan daai einste Laerskool ons inroep en dan moet hy die realiteit in die oë staar – ek WEET dit gaan gebeur en ek kan nie wag nie want hy dink hy is mos slim!

Met die intrap-slag wou ek omdraai en weghardloop.  Baie van die mense het hul kinders saamgevat en sommer die kleiner (en groter) sibbes óók saamgesleep.  Ons gaan sit toe op die vierde ry van agter af op die punt want ek het vroeër die dag op ‘n sonbed uit die hel gaan tan en my gat verbrand en was bietjie gedehidreer en in die proses het ek vreeslik naar begin word – but that’s besides the point.

Net soos wat die duiwel dit wil hê, het ‘n couple met die drie stoutste bliksempies agter ons kom sit.  Ons het twee ure daar gesit en alles wat in die boek wat ek met die inskrywing ontvang het, is in detail bespreek.  Nou, ek wil luister, want baie goed word toe genoem waaraan ouers hulself (spesifiek die Mister) aan skuldig maak wat onderwysers se lewe moeilik maak – want ek wil dit mos nou as ‘n wapen teen hom gebruik, jy sien.  Ek wil dit INSMEER!  Maar die heeltyd is daar ‘n geskuifel om my.  En ek kners op my tande en hou my “pose”.  Op ‘n stadium toe poep die een kind agter my kliphard en ek begin proes soos ek lag.  En as jy nie móét lag nie, dan kán mens mos nie ophou nie (ek is al twee keer gevra om uit die kerk te gaan oor dieselfde scenario).  Ek het só gelag dat die Mister my later ‘n knyp op die bobeen gegee het want toe begin hy óók die giggles kry.

Soos die aand gevorder het en die laggies opgedroog het, hoe minder snaaks het die gedoente geraak en toe begin ek ernstig voel hoe bekruip ‘n angsaanval my.  Ek kan probeer om dit te verduidelik maar iemand wat nie daarmee sukkel nie sal nie verstaan nie.  Skielik het dit gevoel of die skoolsaal ál kleiner raak.  Ek kon elke geluid in stereo hoor:  stoele wat skuif, die geluid van kinders wat op en af hardloop, kinders wat snot reverse, die geluid van papiere, ouers wat onder mekaar praat, kinders wat woelig is.  My stoel wat die heeltyd van agter af geskop word.  En die onderwyseres daar voor se stem klink soos Charlie Brown van Peanuts se juffrou:  “Woaaaawaaawoaaa  waaaaa woooaaa woa wa wa…”  Ek voel hoe begin my nek juk.  My asem jaag en ek sukkel om te sluk.  Die naarheid.

Intussen was daar ander ouers wie se irritasie oorgeneem het en sommer gewaai het.

Ek begin toe asemhaal soos ek in die hospitaal geleer is.  Oorweeg dit om gou badkamer toe te gaan om ‘n Ativan te gaan drink en dalk ‘n sigaret te gaan rook… en nes ek op die randjie gestaan het om ‘n fit te vang  toe is alles verby…

Ek kan net ‘n poep onthou.  En absolute chaos.  Geen skietgoed teen die Mister nie… fokhôl.

c45aa69b6dcf66d04b717a448bcc33b8

Throwback Thursday

Ôg, ek wens ek was weer jonk!  Toe ons nog destyds by The Don in Vanderbijlpark uitgehang het, het ek absoluut liries geraak oor hierdie song.

Geniet!

Björk – Big time Sensuallity

Irritasie van die nasie…

Ek begin nou dink dat skole en onderwysers die lot moet aanvaar dat hulle totaal  en al verantwoordelik gehou moet word vir kinders se opvoeding.  Want die fok weet!  Hulle leer níks by die huis nie!

‘n Klipgooi van my huis af is daar ‘n laerskool.  Net ‘n paar jaar terug was dit nog skool nommer twee op die ranglys van beste laerskole in die dorp (die Tiener het ook daar skool gegaan), maar so vier jaar terug het hulle besluit dat hulle geen blanke kinders meer toelaat nie.  Dit was nie ‘n kwessie dat hulle besluit het om net in engels onderrig aan te bied nie.  Daar is blatant gesê dat hulle geen blanke kinders meer aanvaar nie.  Right, fok hulle ook!

Langs die skool is ‘n take-away kafee wat bestuur word deur ‘n paar Pakistanis (ek was nou die dag amper in die kak by hulle want die Laatlam het ‘n toffie probeer steel).  Hulle verkoop maar net die nodige.  Jy weet,  goedkoop hondekos (ek is ‘n hondekos-snob), sigarette, koeldrank en die mees grillerigste slap-tjips waaraan jy jou mond kan sit.

Om die cherry op die koek te sit het die kafee nog gratis Wi-Fi ook.  Dit is om van te kots, ek sweer.  Laat die mense net weet daar is gratis Wi-Fi en absolute chaos breek los!  Voor skool, pouse en ná skool kan mens nie naby daardie kafee kom nie.  Ek het eendag daar gaan twakkies koop toe vra ek die kinders waarom nou juis kafee toe hardloop vir kos.  Kan hulle nie snoepie toe gaan nie?  Pak hul ouers dan nie vir hulle kos in skooltoe nie?  “No mam’.  The snoepie she’s closed down and our parents rather give us money for pies and slap chips.”

Om dinge te vererger is die hoërskool langs die laerskool.  Met ander woorde, as ek die Tiener drie maal per week moet gaan haal om haar na haar ekstra wiskunde klasse te vat, dan is dit ‘n hoernes.  Dis net kinders waar jy kyk.  Die ander dag toe is enetjie so besig met haar selfoon dat sy in MY kar vasloop.  Bid jou dit aan!  Ek staan doodstil want ek sien ek gaan haar trap, en toe loop sy in my kar vas.  Hulle loop left, right and centre oor die pad sonder om te kyk, bekke vol slap-tjips, o bliksem nee!  En as mens nou links moet draai na my huis toe dan staan hulle en leë plastic bottels rondskop met hulle tasse in die middel van die pad.  Dit is ‘n nagmerrie!

Verlede week ry ek weer daai pad en voordat ek links draai begin ek maar byvoorbaat op my hooter lê want behoede jou siel as jy iemand raak ry in hierdie kontrei.  Hulle sal jou kar net daar afbrand.  Anyway, die kinders gee toe pad en ek voel ‘n effense ke-doef-ke-doef (mens voel nie veel as jy ‘n Jeep ry nie).  Ek dog toe dit is ‘n gat in die pad maar toe ek in die truspieëltjie kyk toe sien ek dat ek een van die laerskool kinders se skooltasse FAKTAP gery het.  Se moer!  Toe gee ek gas want ek gaan nie vir daai kind se tas en boeke betaal nie.  Hy moes mos al hoeka geleer het om sy gat uit die strate te hou!

Skoolvakansies is dit ‘n perd van ‘n ander kleur.  Dan gebeur daar niks behalwe ‘n paar tieners wat rond hang vir die gratis Wi-Fi.  Al wat kort is graspolle wat rond waai in die wind.

Either way, dis donners depressing.

Om te “tannie” of om nie te “tannie”…

Ek onthou die eerste keer dat iemand my “tannie” genoem het.  Ek was 21 en die persoon was ‘n karwag en het twintig jaar ouer as ek gelyk.  Ek was min impressed.  Shame, eintlik voel ek jammer want die son maak hulle oud voor hul tyd en sunscreen is kak-duur!  Kan iemand nie iets hieraan doen nie?

So met die jare saam het ek berusting gevind toe ek die Tiener se maatjies my “tannie” begin noem het.  Ek het toe besluit om my grense te verskuif en het aanvaar dat skoolgaande kinders my “tannie” gaan noem.  Net nie “antie” nie want dan poep ek ‘n rooi ballon!  Dit is vir my ‘n kômmin word.

Wat my tot onlangs dwars in die krop gesteek het, is opgeskote volwasse mense en dit is ‘n ge-“tannie” voor en ‘n ge-“tannie” agter.  Die ander aand toe kuier ons saam met ‘n klomp 23-plussers en hulle”tannie-tannie” my só dat ek skoon moerig begin raak het.  Op ‘n stadium vat ek die een outjie se dop by hom, ruik daaraan en sê vir hom:  “Right, ek sien jy drink alkohol en ons twee voer ‘n volwasse gesprek.  So, noem my op my naam asseblief…”  Hy vra my toe my ouderdom, en ek sê toe vir hom hoe oud ek is (39 – ek staan op die randjie van 40).  Later, toe die mannetjie nou ordentelik shit-faced is, toe reken hy my:  “Tannie, tannie… vir iemand van 50 lyk tannie maar fokken lekker, hoor!”   Whaaaaaaa-kwaaa-kwaaaa-kwaaa… lag almal vir die grap terwyl ek vir hom my “resting bitch face” gooi.

Toe begin ek so bietjie dink.  Is dit regtig só erg om as ‘n “tannie” aangespreek te word?

By my werk sal ek nooit iemand “oom” of “tannie” noem nie.  Ek gebruik die term “meneer” of “mevrou” tensy die persoon daarop aandring dat ek hom of haar op die naam noem.  Maar in ‘n sosiale situasie gaan “mevrou” my nou rêrig deurmekruis laat voel.

Wat ek eintlik wil sê is:  Wie is ék om die manier hoe iemand sy/haar kind opgevoed het te ondermyn?  Die word “tannie” was immers jare terug (en is nog steeds) ‘n vorm van respek.  Iemand het daardie jongmens geleer dat mens ‘n ouer persoon op daardie manier aanspreek.  Hoe confuckulated moet dit nie vir die jongmense wees om nou tereggewys te word nie?

Ek weet baie mense stem nie saam met my nie, maar vandat ek besluit het om die ge-“tannie” te aanvaar, het ek so lekker gevoel binne-in my.  Sien, ek hou nie van oudword nie.  Jinne wat ek nie sal doen my my jeug terug te kry nie.  Maar noudat ek besluit het om ‘n ander se ma en pa wat hom maniere geleer het ook in ag te neem, voel ek beter oor oudword.

Ek gaan nie meer toelaat dat daai klein woordjie my jeug steel nie.

“Be-gone!”

Dit is vandag die 2de Oktober.  Wat beteken my maand-kennis wat ek vir my ma gewerk het, het verstryk.

Ek is vry!

Of is ek?

Om van ‘n Narsis onslae te raak, is nie maklik nie.

Twee weke terug toe vra sy my dat sy my wil sien in my kantoor.  Ek het myself gestaal want die Sielkundige het my mooi voorberei op alles wat nog gaan gebeur.  “Is reg so, maar as jy gaan skree gaan ek vir jou uitjaag.  Jy praat met my soos ‘n volwassene of ons praat nie”.  Let op hoe ek die woorde “jy” en “jou” gebruik.  Ek het eenvoudig geen respek meer vir haar nie.

Fokkit maar sy stap met ‘n riot in my kantoor in.  Haar gesig skoon skeefgetrek van woede.  “Wat het ek gedoen dat jy en jou oupa my so kruisig?  Ná alles wat ek vir jou gedoen het.  Jy weet, ek het met mense gepraat en hulle sê dat hulle nog nooit so iets beleef het nie.  Dat jou eie pa en jou eie kind jou so behandel.  Jy weet, as jou oupa eendag doodgaan dan gaan ek baie huil… want hy gaan nie hemel toe nie!”

En ek sit daar.  Met my “resting bitch face”, of soos die Sielkundige sê “grey rock” (jy wys geen emosie nie) en ek sê net (baie kalm, bygesê, want ek wou haar sommer ‘n taai klap gee):  “Want hulle het net jóú kant van die storie gehoor.  Hulle weet nie hoe jy óns misbruik het nie.  Hulle weet nie die emosionele kruk wat ons jare lank vir jou was nie.  Ma weet, ma se cute-geit werk net met party mense.  Vir my werk dit nie meer nie.  Jy kon nie eers fokken servette gekoop het vir ouma se begrafnis nie.  Jy wou nie eers haar klere gaan pak het nie, kwansuis omdat jy te hartseer was, maar ek weet waste vieslike goed jy van haar gesê het.  Hy het geteer op mense se simpatie.  Almal moet ALLES vir jou dônners doen.  Loop asseblief.”  Van daardie dag af loop ons verby mekaar sonder om mekaar te groet.  So nou en dan kry ek ‘n snotty nota van haar af.  Ek het haar nou al geblok op WhatsApp ook.

Hier is wat Ben Leichtling  sê hoe om die situasie aan te pak as jou ouer of familielid ‘n bully is.  Dit is ‘n realiteit en dit is ‘n bitter moeilike besluit:

Snot-slakke, mooi motte en graskrieke

Sug… Wee’jy!

Dit is weer somer (kom ons vergeet maar van die hele lente-ding want dit bestaan nie) en ek voorspel leliker, meer-potige, gevlerkde, hareriger goeters as in vroeër jare.  Díe een voorspel droogte… daai een oorstromings… Ek voorspel goggas.  Groter, meer en gemener as waaraan ons gewoond is.  Die slakke het ook sommer besluit:  “Kak met hierdie dop wat ons so oulik laat lyk, ons maak die kinders banger as ons soos snot lyk!”

Ek was 20 jaar terug in Phalaborwa en ek kon my verkyk aan die grootte van die motte en miershope.  Nou nie my cup of tea nie, regtig!  Ek sou nooit gedink het daai einste moerse motte wat lyk of hulle oë op hul vlerke het sou hier by my hometown opeindig nie.  My vriendin sit hoeka die een aand en teug aan ‘n cocktail en een van daai motte gaan sit so heel petite op haar glas se rand:  “Oeeee… kyk die skoenlapper… Neem ‘n foto! Neem ‘n foto!”  En sy lig nogals die glas om te drink… so met die mot op die rand van haar glas en haar pinkie in die lug.”  Ek sê toe maar:  “Awwww, sweetie… daai is nie ‘n skoenlapper nie.  Daai is die moeder van alle motte.”  Bliksem hulle is so groot soos vlermuise!

Maar dit is nog NIKS!

Party mense noem hulle “koringkrieke” maar volgens “GOOGLE” is dit eintlik ‘n “graskriek”.  Nou, as jy hulle nie beheer nie, dan sit jy met ‘n stuk Karoo op ‘n kak dag in jou agterplaas en ekke het top dollar spandeer vir my klein lappie groen.

download.jpg

Sondagaand sit ek en my mense buite en ek hoor die ge-krrrrrrr-krrrrrr.  Amper soos ‘n gewone kriek, maar ene wat al ‘n ou-roker is.  Ek vra toe vir die Laatlam om die flitslig en een van my plakkies te gaan haal terwyl ek gou die seepwater gaan aanmaak.

Ek kruip toe so hande-viervoet met my oor teen die grond en Bingo! ek kry meneer die graskriek se gat.  Die Laatlam skyn vir my toe so bietjie lig en ek gooi die seepwater.  Dadelik word die ge-krrrrrrrr-krrrrrrrrrrr op en ons wag…  Toe die lelike lang-lel toe nou uiteindelik uit sy gat uit kruip toe gooi die Laatlam daai flitslig dat hy so  doer trek en sy skree:  “Siesssss, dis gross!  Hoekom het Liewe Jesus hom so lelik gemaak?!”

The rest is history.  Ek het plat gelê op my beautiful grasperk en geskree soos ek lag…